
Reaksie op hersiening van volksmoord-ooreenkoms
Loading player...
Die president het in haar staatsrede gesê dat die regering en Duitsland se gesamentlike verklaring oor die Ovaherero- en Nama-volksmoord hersien is en in die parlement ter tafel gelê sal word voor ondertekening. Die betrokke gemeenskappe kla al lank dat hulle nie geken is in die gesprekke nie, en sê enige ooreenkoms is net tussen die twee regerings. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid gepraat.

