
Vance op pad na Islamabad vir onderhandelinge
Loading player...
Amerika se visepresident JD Vance is op pad na Islamabad in Pakistan om verdere onderhandelings met Iran te lei. Intussen is die herrie los oor presies watter tienpunt-plan president Donald Trump gesê het is werkbaar want Iran het die maksimum gevra en die Withuis maak ommekeer. Maar Iran is ook haaks oor ‘n hommeltuig in sy lugruim wat hy afgeskiet het, en Israel se aanvalle in Libanon en hy het weer die Straat van Hormuz gesluit wat Brent weer opgestoot het van 90 Amerikaanse dollar ‘n vat na 96 dollar toe. Vance het so reageer op ‘n vraag deur die media.

