
DA eis optrede met Gauteng-regeringsgeboue
Loading player...
Die DA in Gauteng sê dit is byna 'n jaar nadat Premier Panyaza Lesufi 'n ondersoek na 41 verlate regeringsgeboue en 11 gehuurde eiendomme begin het, maar inwoners weet steeds nie hoeveel aan sekuriteit bestee word nie. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die party het onthul dat 34-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan gehuurde geboue bestee word. Sy sê die DA dring daarop aan dat die opknapping van verlate geboue geprioritiseer word om huurkoste te verminder:

