
Omgewing sal stortingsterrein oordra na Walvis
Loading player...
Die omgewingsuitdagings by die Walvisbaai-stortingsterrein het kritieke vlakke bereik. Ten spyte daarvan dat die Walvisbaai-munisipaliteit die stortingsterrein moet beheer neem niemand verantwoordelikheid vir die herhaalde brand van buitebande nie. Om dinge te vererger is die terrein in die Dorob Nasionale Park geleë. Die omgewingsministerie het, na herhaalde media-druk, sy ernstige kommer uitgespreek en volgens omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti sal daardie deel van die park amptelik aan die munisipaliteit oorhandig word.

