Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee rakende die sprinkaan-uitbreking in die Zambezi-streek wat sedert Januarie vanjaar woed. Besproeiing, beide deur grondspanne en met hommeltuie is reeds toegepas tot die oorstromings in die streek in begin Maart. Woordvoerder Romeo Muyunda sê 32 896 hektaar het behandeling nodig waarvan 7 124 hektaar…
Die Departement van Gesondheid het die aankoms verwelkom van die eerste besending van die MIV-voorkomende medisyne Lenacapavir in Suid-Afrika. Die besending sluit 37,9 miljoen dosisse van die sesmaandelikse inspuiting in, wat na verwagting sal help om nuwe MIV-infeksies, veral onder hoërisikogroepe, te voorkom. Foster Mohale van die departement sê die…
NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi…
Die Erongo Weduwee-vereniging doen 'n beroep op die regering om finansiële ondersteuning vir weduwees te oorweeg, veral jonger vroue en diegene wat alleen kinders grootmaak, soortgelyk aan oumens pensioen of gestremdheidstoelaes. Die vereniging sê baie weduwees sukkel om kop bo water te hou nadat hulle hul primêre broodwinners verloor het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.