Orion presteer uiters goed gedurende sending

Loading player...
NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
8 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Konstruksiebedryf vertoon effe beter

Die konstruksiebedryf het groei van 20,2 persent aangeteken in 2025. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is dit aangedryf deur siviele werke, en konstruksie het ook vermeerder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië gekry.
8 Apr 3AM 1 min

Outa het kommer oor gapings in LP's se etiese reëls

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die parlement se voorgestelde etiese reëls het steeds leemtes wat lede van die Parlement kan toelaat om aanspreeklikheid te vermy. Die organisasie waarsku dat parlementslede onder die huidige voorstelle kan bedank voordat ondersoeke voltooi is, met klagtes wat aan die einde van 'n parlementêre termyn…
8 Apr 3AM 1 min

Ministerie sal weer in Zambezi teen sprinkane besproei na oorstromings

Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee rakende die sprinkaan-uitbreking in die Zambezi-streek wat sedert Januarie vanjaar woed. Besproeiing, beide deur grondspanne en met hommeltuie is reeds toegepas tot die oorstromings in die streek in begin Maart. Woordvoerder Romeo Muyunda sê 32 896 hektaar het behandeling nodig waarvan 7 124 hektaar…
8 Apr 2AM 1 min

SA ontvang meer as 37 miljoen Lenacapavir-dosisse

Die Departement van Gesondheid het die aankoms verwelkom van die eerste besending van die MIV-voorkomende medisyne Lenacapavir in Suid-Afrika. Die besending sluit 37,9 miljoen dosisse van die sesmaandelikse inspuiting in, wat na verwagting sal help om nuwe MIV-infeksies, veral onder hoërisikogroepe, te voorkom. Foster Mohale van die departement sê die…
8 Apr 2AM 1 min

Cyril sê hy hanteer Masemola-saak

President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi…
8 Apr 1AM 1 min