
Outa het kommer oor gapings in LP's se etiese reëls
Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die parlement se voorgestelde etiese reëls het steeds leemtes wat lede van die Parlement kan toelaat om aanspreeklikheid te vermy. Die organisasie waarsku dat parlementslede onder die huidige voorstelle kan bedank voordat ondersoeke voltooi is, met klagtes wat aan die einde van 'n parlementêre termyn verval. Stefanie Fick van Outa sê duidelike, afdwingbare reëls is noodsaaklik om openbare vertroue te herstel:

