
Sky se Mark Stone gesels met Trump oor Iran se plan
Loading player...
Wenkbroue lig in internasionale sirkels oor die tienpunt-plan wat Iran voorgestel het vir die skietstilstand en wat die VSA voorwaardelik aanvaar het. Die plan stel die maksimum vereistes voor soos onder andere, Iran se volgehoue beheer van die Straat van Hormuz, die opheffing van alle sanksies, die onttrekking van Amerikaanse magte uit die Midde-Ooste en ook dat hy voort kan gaan met sy kernprogram. Sky News se Mark Stone het met president Donald Trump per telefoon gepraat en die plan opgehaal.

