
Dyonase tree na vore vir DA-leierskapstryd
Loading player...
Die DA-koukusleier in die Sedibeng-munisipaliteit, Sibusiso Dyonase, sê hy is vol vertroue dat hy die vermoë het om John Steenhuisen op te volg. Die 33-jarige Dyonase het die federale leierstryd slegs twee dae voor die sperdatum betree. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, is na verwagting die gunsteling om die stryd te wen wanneer die DA se federale verkiesingskongres die naweek in Johannesburg plaasvind. Dyonase sê sy ervaring in ander leierskapposisies kom handig te pas in hierdie leierskapstryd:

