
Inwoners van Zambezi kruip op eilande weg saam met wild, vee
Loading player...
Die watervlakke van die Zambezirivier by Katima Mulilo het hierdie week dié van vorige jare ver oortref. Dit is weens buitengewoon swaar reënval in die opvanggebiede in Angola, Zambië en Noord-Botswana. Die Chobe-rivier by die Chobe Water Villa-terrein het 2,93 meter gemeet. Jofie Lamprecht van Lamprecht Safaris vertel meer.

