Huldeblyke stroom steeds in vir Swapo-parlementslid James Uerikua wat oor die naweek saam met sy 14-jaarige seun in 'n motorongeluk gesterf het. Uerikua word deur politici geprys as 'n toegewyde leier wat 'n blink toekoms gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-Swapolid en LP Willem Amutenya gepraat.
South Africans for Constitutional Reforms sê die hersiene Witskrif oor burgerskap en immigrasie is daarop gemik om beide Suid-Afrikaners en migrante te beskerm. Na kabinetsgoedkeuring sal die beleid bestaande wette binne 'n enkele raamwerk saamvoeg. Die veranderinge stel maatreëls bekend, insluitend die beginsel van die eerste veilige land vir asielsoekers,…
Die anti-apartheidsaktivis Allan Boesak sê die kerk moet 'n sterker standpunt teen korrupsie inneem terwyl die Madlanga-kommissie sy verhore hervat. Boesak het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gewaarsku 'n sameswering van stilswye het toegelaat het dat wangedrag voortduur, en hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid en morele leierskap…
Oud-Trump bondenoot Tucker Carlson het gereageer op Amerikaanse president Donald Trump se dreigement op sosiale media om Iran se kragsentrales en brûe te vernietig as die land nie sy Dinsdag-sperdatum nakom om die Straat van Hormuz te heropen nie. Hy het kragwoorde gebruik en ook gesê ‘Praise be to Allah’.
Die Nasionale Vergadering is tans besig met begroting motiverings. Die minister van Onderwys het tydens haar begroting die verwagtinge vir universiteitsinskrywings uiteengesit. Volgens haar sal daar ook minder werkloosheid wees onder gegradueerdes. Dr. Sanet Steenkamp is aan woord.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.