
Witskrif oor burgerskap en immigrasie onder die loep in SA
Loading player...
South Africans for Constitutional Reforms sê die hersiene Witskrif oor burgerskap en immigrasie is daarop gemik om beide Suid-Afrikaners en migrante te beskerm. Na kabinetsgoedkeuring sal die beleid bestaande wette binne 'n enkele raamwerk saamvoeg. Die veranderinge stel maatreëls bekend, insluitend die beginsel van die eerste veilige land vir asielsoekers, terwyl kommer oor die doeltreffender bestuur van migrasie aangespreek word. Woordvoerder Princy Mthombeni sê die huidige stelsel is gefragmenteerd en moet hervorm word:

