Metro's se swak handelsdiens kos groei en stoot kostes op

Loading player...
Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê swak handelsdiensprestasie in metro’s kniehalter ekonomiese groei en plaas ʼn hoë koste op die samelewing. Hy het die Metro-handelsdienshervormings bekendgestel wat ʼn nuwe prestasie-verwante aansporing onder die finansierings-toelaag vir stedelike ontwikkeling is. Die regering bied ʼn aansporingstoelaag van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand oor ses jaar aan. Pieterse sê die instelling van die hervorming wil die lewering van basiese dienste in metropolitaanse munisipaliteite bestendig en versterk:
19 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huldeblyke stroom in vir Uerikua

Huldeblyke stroom steeds in vir Swapo-parlementslid James Uerikua wat oor die naweek saam met sy 14-jaarige seun in 'n motorongeluk gesterf het. Uerikua word deur politici geprys as 'n toegewyde leier wat 'n blink toekoms gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-Swapolid en LP Willem Amutenya gepraat.
7 Apr 3AM 1 min

Witskrif oor burgerskap en immigrasie onder die loep in SA

South Africans for Constitutional Reforms sê die hersiene Witskrif oor burgerskap en immigrasie is daarop gemik om beide Suid-Afrikaners en migrante te beskerm. Na kabinetsgoedkeuring sal die beleid bestaande wette binne 'n enkele raamwerk saamvoeg. Die veranderinge stel maatreëls bekend, insluitend die beginsel van die eerste veilige land vir asielsoekers,…
7 Apr 3AM 1 min

Kerke moet toetree in stryd teen korrupsie - Boesak

Die anti-apartheidsaktivis Allan Boesak sê die kerk moet 'n sterker standpunt teen korrupsie inneem terwyl die Madlanga-kommissie sy verhore hervat. Boesak het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gewaarsku 'n sameswering van stilswye het toegelaat het dat wangedrag voortduur, en hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid en morele leierskap…
7 Apr 3AM 1 min

Tucker Carlson vaar uit teen Donald Trump

Oud-Trump bondenoot Tucker Carlson het gereageer op Amerikaanse president Donald Trump se dreigement op sosiale media om Iran se kragsentrales en brûe te vernietig as die land nie sy Dinsdag-sperdatum nakom om die Straat van Hormuz te heropen nie. Hy het kragwoorde gebruik en ook gesê ‘Praise be to Allah’.
7 Apr 3AM 1 min

Steenkamp gee oorsig oor tersiêre instellings se inskrywings

Die Nasionale Vergadering is tans besig met begroting motiverings. Die minister van Onderwys het tydens haar begroting die verwagtinge vir universiteitsinskrywings uiteengesit. Volgens haar sal daar ook minder werkloosheid wees onder gegradueerdes. Dr. Sanet Steenkamp is aan woord.
7 Apr 2AM 1 min