Die minister van landelike en stedelike sake, James Sankwasa, doen 'n beroep op inwoners van die Zambezi-streek om die regering te help met die verspreiding van voedsel vir vloedgeteisterde gesinne. Die streek staar 'n ernstige vloedkrisis in die gesig as gevolg van die Zambezi-rivier se watervlak wat meer as verdubbel…
Judges Matter het president Cyril Ramaphosa weer gevra om te verduidelik waarom die aanstelling van twee regters in die Konstitusionele Hof steeds sloer. Die navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, sê geen aanstellings is nog gedoen byna ses maande nadat die Regterlike Dienskommissie vyf name voorgelê het nie. Hy het aan…
‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika,…
Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.