SA-regering moet intree op brandstofprys

Loading player...
Die Forum for South Africa eis onmiddellike en bepalende optrede van die regering om die groot brandstofprysstygings wat Woensdag verwag word, te keer of te verlaag. Die vooruitskatting vir April dui op ʼn moontlike verhoging van meer as 5 Suid-Afrikaanse rand per liter vir petrol en byna 9 rand per liter vir diesel. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê dit kom neer op ekonomiese geweld teen die mense van Suid-Afrika. Hy sê verhogings sal huishoudings verlam, klein sakeondernemings vernietig en voedsel- en vervoerkoste die hoogte laat inskiet:
30 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zambezi-inwoners kort dringend hulp met voedsel

Die minister van landelike en stedelike sake, James Sankwasa, doen 'n beroep op inwoners van die Zambezi-streek om die regering te help met die verspreiding van voedsel vir vloedgeteisterde gesinne. Die streek staar 'n ernstige vloedkrisis in die gesig as gevolg van die Zambezi-rivier se watervlak wat meer as verdubbel…
6 Apr 1AM 1 min

Ramaphosa moet sê oor sloering met regters

Judges Matter het president Cyril Ramaphosa weer gevra om te verduidelik waarom die aanstelling van twee regters in die Konstitusionele Hof steeds sloer. Die navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, sê geen aanstellings is nog gedoen byna ses maande nadat die Regterlike Dienskommissie vyf name voorgelê het nie. Hy het aan…
6 Apr 12AM 1 min

Krieket: 2027 Wêreldbeker kan miljoene in Namibië impomp

‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika,…
5 Apr 6AM 1 min

Ontwikkeling gedy op Aranos

Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
5 Apr 5AM 1 min

Itula onkant gevang deur NNN se nuwe adjunkministers

Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik…
5 Apr 4AM 1 min