
Groot skade na kroning van Nigeriese koning in Oos-Kaap
Loading player...
Minstens tien voertuie is aan die brand gesteek en 'n gebou gedeeltelik aan die brand gesteek tydens gewelddadige optogte in KuGompo-Stad, voorheen Oos-Londen, in die Oos-Kaap. Die geweld het uitgebreek tydens protesoptogte Maandag oor die kroning van 'n Nigeriese koning, Solomon Ogbonna Eziko, as die koning van Igbo-mense in die stad. Die optogte, wat die verkeer tot stilstand gedwing het, is gelei deur die anti-onwettige migrasiegroep, March and March. ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, sê die sogenaamde kroning ondermyn Suid-Afrika se Grondwet sowel as die erkenning van tradisionele leierskap:

