
Al daal dieselprys, sal inflasie tyd neem om op te vang
Loading player...
Reaksie op die brandstofprysverhoging wat vir môre vasgestel is kom steeds in. Terwyl die regering ingrypings doen om die hou te versag, lug besighede en verbruikers kommer oor die stygende lewenskoste. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê aan Kosmos 94.1 Nuus verdere verhogings sal nie net die landbousektor beïnvloed nie, maar ook inflasie opjaag.

