
Gesondheid is gereed vir 294 staatsamptenare vanaf 1 April
Loading player...
Die gesondheidsministerie se Vision April 2026 wat op 1 April afskop, is streng op 294 senior regeringsleiers van toepassing en is volgens die ministerie goed op dreef. Die opdrag, uitgereik deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah, is bedoel om die ongelykhede tussen Namibië se openbare en private gesondheidsorgstelsels aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya gepraat. Hy gee 'n opdatering oor hulle gereedheid.

