
SA bye sal Namibië benadeel, pleit heuningboere
Loading player...
Namibië oorweeg dit om heuningbye uit Suid-Afrika in te voer om te help met die bestuiwing van bloubessies wat in die Kavango-Oos-streek gekweek word. Alhoewel dit die oes kan bevorder, is plaaslike byeboere en kenners teen die idee en sê dat dit heuningbykolonies kan vernietig en inheemse byspesies kan bedreig. Gretchen Burmeister, besturende direkteur van die Byeboerderyvereniging van Namibië, verduidelik die impak daarvan.

