
Charles en Camilla sal VSA later die maand besoek
Loading player...
Koning Charles en koningin Camilla sal Amerika in laat-April besoek, het Buckingham paleis aangekondig. Sommige Britse politieke partye ondersteun die besluit, terwyl ander daarteen gekant is weens Amerikaanse president Donald Trump se gereelde beledigings omdat die land nie by die VSA-Israelse oorlog teen Iran betrokke wil raak nie. SkyNews se Jason Farrel sê dat die besoek 'n pleister kan plak op die spanning tussen die twee regerings.

