
ActionSA stel hulptoonbank vir burgers in
Loading player...
ActionSA het sy Burgersondersteunings- en ingrypings-hulptoonbank bekendgestel en sê te veel mense is vasgevang in 'n stelsel wat nie reageer, oplos of omgee nie. Die hulptoonbank sal voorkeur gee aan sleutel-ingrypingsgebiede, insluitend Binnelandse Sake, Wetstoepassing, Maatskaplike Toelaes en Munisipale Dienste. Lerato Ngobeni van ActionSA sê voorleggings wat deur die aanlyn portaal ontvang word, sal deur die party se parlementêre span beoordeel en amptelik na die betrokke departemente verwys word:

