
Méér polisie ontplooi teen Paasmisdaad
Loading player...
Nampol het omvattende misdaadvoorkomingsoperasies vir Paasnaweek geïmplementeer, met die fokus op hoë polisiesigbaarheid, padveiligheid en die vermindering van kriminele aktiwiteite in al 14 streke. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer polisiepatrollies in gemeenskappe, sakegebiede en industriële sones sal ontplooi word om misdaad soos straatrooftogte en huisinbrake te bestry.

