
Monarch doen weer 'n beroep op veiligheid na liggaam uitspoel
Loading player...
Die liggaam van die man wat Dinsdag van die jetty op Swakopmund afgespring en verdrink het, is Sondag opgespoor. Nikodemus David, ‘n 32-jarige Namibiër, het suid van die jetty naby die mond van die Swakoprivier uitgespoel, waar dit deur verbygangers opgemerk is. Monarch Lifeguards, wat deel van die soektog was, se Martin Muyenga deel 'n waarskuwing aan inwoners om meer versigtig te wees.

