
SAPD-kaptein vas vir bedrog van miljoene
Loading player...
ʼn Drie-en-vyftigjarige kaptein in die Beskermings- en Sekuriteitsdienste is weens beweerde bedrog in hegtenis geneem. Hy is aangekeer ná ʼn interne ondersoek onder goedkeuring van die Afdeling vir Finansiële Bestuursdienste nadat die Polfin-stelsel verdagte transaksies opgemerk het. Die nasionale polisie-woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die beampte wat toegang tot die finansiële afdeling van die Beskermings- en Sekuriteitsdienste gehad het, het die stelsel gemanipuleer om miljoene rande te onttrek:

