
Iran verwerp skietstilstand-plan van VSA
Loading player...
Iran se ministerie van Buitelandse Sake het die voorstel van 'n tydelike skietstilstand verwerp en sê dit sal die VSA en Israel in staat stel om voor te berei vir die voortsetting van die oorlog. Bemiddelaars van Egipte, Pakistan en Turkye het, na wat berig word, 'n skietstilstand van 45 dae voorgestel. Dit volg nadat president Donald Trump gedreig het met moontlike aanvalle op Iranse infrastruktuur indien die Straat van Hormuz nie heropen word nie. Iran se woordvoerder vir Buitelandse Sake, Esmail Baghaei, sê hulle sal terugveg teen enige aanvalle op die land se nasionale infrastruktuur:

