EFF veroordeel betalings van miljoene aan geskorste stadsbestuurder

Loading player...
Die EFF veroordeel die Nelson Mandelabaai-metro vir die betaling van 5,8-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan sy geskorste stadsbestuurder, Noxolo Nqwazi. Woordvoerder Sinawo Thambo sê Nqwazi ontvang steeds sy salaris sedert sy skorsing in Oktober 2023 omdat die munisipaliteit versuim het om betyds dissiplinêre stappe in te stel. Thambo sê die stad het volgens berigte sedertdien 1,6-miljard-rand se betalings van die Nasionale Tesourie verloor weens die afwesigheid van 'n permanente stadsbestuurder:
7 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Orion presteer uiters goed gedurende sending

NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
8 Apr 1AM 1 min

Cyril sê hy hanteer Masemola-saak

President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi…
8 Apr 1AM 1 min

Reaksie op maatskaplike ‘weduweetoelaag’

Die Erongo Weduwee-vereniging doen 'n beroep op die regering om finansiële ondersteuning vir weduwees te oorweeg, veral jonger vroue en diegene wat alleen kinders grootmaak, soortgelyk aan oumens pensioen of gestremdheidstoelaes. Die vereniging sê baie weduwees sukkel om kop bo water te hou nadat hulle hul primêre broodwinners verloor het…
8 Apr 1AM 1 min

Kenner sê beesuitvoere op die hoef het wel voordele

Reaksie kom in op berigte van 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius. Ten spyte van die kritiek oor plaaslike waardetoevoeging meen sommige kenners dit kan goeie kompetisie vir die plaaslike mark wees wat ook tot meer kompeterende pryse kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het…
8 Apr 12AM 1 min

Sona: Hoe sal NNN Namibiërs teen prysskokke beskerm?

Alle oë is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanmiddag haar tweede staatsrede sal lewer, met ekonome wat haar aanspoor om 'n ekonomiese padkaart vol vertroue te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê die tyd is nou vir die president om vertroue te inspireer…
8 Apr 12AM 1 min