
Hardap-produsente verheug oor invloei
Loading player...
Die Hardapdam het vroeër die week binne 24 uur invloei van net meer as 4 miljoene kubieke meter gehad, wat hom tot 58,8 persent opgestoot het. Die verwagting is dat die dam nog heelwat invloei sal kry as dit reën soos voorspel word. Kosmos 94.1 Nuus het Donderdag met Rico Botma, 'n boer by die groenskema gepraat.

