
Epstein-slagoffers moet in Kongres getuig: Melania Trump
Loading player...
Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, het die Kongres gevra vir ʼn openbare verhoor om beëdigde verklarings aan te hoor van die ontslape seksoortreder Jeffrey Epstein se slagoffers. Talle slagoffers van Epstein en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell, het in September verlede jaar die Huis se oorsigkomitee gevra om die oortreders aanspreeklik te hou. Trump het tydens ʼn seldsame toespraak in die Withuis gevra vir deursigtigheid om die waarheid te ontbloot:

