
Sinner verslaan Alcaraz vir eerste Monte-Carlo Meesters-titel
Loading player...
Die Italianer Jannik Sinner het die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Monte-Carlo Meesters-titel gebuit. Hy is nou weer die wêreld se nommer een. Hy het die Spanjaard verslaan en sy derde Meesters 1000-titel opgeraap nadat hy ook by Indian Wells en Miami geseëvier het. Hy het sy wenlopie in die Meesters-reeks tot 22 wedstryde uitgebrei. Sinner, wat die eerste plek by Alcaraz afgeneem het, sê dit beteken vir hom baie om die titel te wen:

