
Britse minister vra oor doel van Trump se sosiale media plasings
Loading player...
Brittanje se gesondheidsminister Wes Streeting sê hy weet nie of dit ooit duidelik is wat Amerika se president Donald Trump in sy plasings op sosiale media bedoel nie. In ‘n onderhoud met Sky News, het Streeting sy teleurstelling uitgespreek dat vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran die naweek misluk het. Hy het Trump se plasings op sosiale media die afgelope week as verregaande beskryf en gesê die enigste uitweg in die oorlog met Iran is om die land te kry om in stem om nie ‘n kernwapen te ontwikkel nie.

