
SA se regters nes plaaslik, ook onder geweldige druk, 302 uitsprake wag
Loading player...
Die Kantoor van die Hoofregter het bevestig dat die regbank onder druk is aangesien 302 hofuitsprake nou amptelik laat is, die hoogste syfer sedert 2018. Sommige sake word vir meer as vier jaar vertraag. Die koördineerder van Judges Matter, Alison Tilley, sê die stygende werklas het steeds 'n uitwerking op afleweringstye in howe, insluitend die Konstitusionele Hof. Sy het aan Newzroom Afrika gesê die regbank spreek agterstande en omkeertye aan:

