
Midde-Ooste: Guterres sê politieke wil nodig vir vrede
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê sonder selfbeheersing versprei onbestendigheid, wantroue verdiep en konflikte raak buite beheer. Hy sê dis 'n situasie wat oral van toepassing is, maar tans veral op die konflik in die Midde-Ooste. Die konflik het dood en verwoesting reg oor die streek veroorsaak, terwyl die blokkering van skepe deur die Straat van Hormuz die wêreldekonomie beïnvloed. Guterres sê vredesooreenkomste vereis volgehoue betrokkenheid en politieke wil:

