
Jhb se tariefverhoging ver bo inflasie, en dit met swak dienste
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners van Johannesburg van 1 Julie af meer moet betaal vir dieselfde swak diens. Die party sê die voorgestelde tariefverhoging van 12,5-persent vir water, 11-persent vir sanitasie en riool en 9,05-persent vir elektrisiteit is baie hoër as die huidige inflasiekoers van nagenoeg 4-persent. Cor Boer van die VF Plus sê hulle sal nie 'n begroting met sulke uitermatig hoë verhogings goedkeur nie:

