
Namibië se landelike vroue agtergelaat
Loading player...
Ten spyte daarvan dat Namibië byna 50 persent vroue-verteenwoordiging in die parlement en meer as die helfte in die kabinet behaal het, bly daar kommer dat baie, veral jong, landelike en gemarginaliseerde vroue, steeds uitgesluit word van betekenisvolle deelname. Dit is 'n sleutelkwessie wat by die 152ste Interparlementêre Unievergadering geopper is. Die Nasionale Raad by monde van Iswarin Rooi, sê progressiewe beleide moet behoorlik geïmplementeer word.

