
Petrofund-werkswinkel berei besighede voor vir komende olie
Loading player...
Petrofund het vanoggend 'n tweedaagse werkswinkel met plaaslike verskaffers in die stroomop olie- en gassektor begin. Die werkswinkel is daarop gemik om plaaslike besighede voor te berei om beter voordeel te trek uit beleggingsgeleenthede voor die finale beleggingsbesluit deur TotalEnergies vir sy groot Venus-olieprojek in die Oranje-kom teen Julie. Adjunk-uitvoerende direkteur in die energie-ministerie, Erasmus Shivolo, sê die werkswinkel is in lyn met die Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoudsbeleid.

