
Cosatu veroordeel besnoeiing aan indiensnemingsprogram
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu sê die gebrek aan 'n sterk stimuluspakket en die besnoeiing aan die presidensiële indiensnemingsprogram verswak pogings om werkloosheid te bekamp. Die federasie sê hoewel daar befondsing vir sommige openbare dienste en infrastruktuur is, is dit nie genoeg om werksgeleenthede te bevorder of herstel te ondersteun nie. Matthew Parks van Cosatu voer aan die regering het die balansering van die boeke bo werkskepping geprioritiseer:

