
So lyk die gevare vir jou kind aanlyn
Loading player...
NamPol het 'n aanlyn-werkswinkel gehou oor toenemende kindermishandeling. Dit rus beamptes en belanghebbendes toe met die vaardighede om hierdie misdade op te spoor, te ondersoek en te voorkom. Volgens die polisie het die migrasie na aanlyn aktiwiteite, veral op sosiale media-platforms, nuwe deure oopgemaak vir misdadigers wat kwesbare kinders teiken. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt Essential IT gepraat wat die aanlyn-gevare verduidelik waaraan ouers hul kinders daagliks blootstel.

