Pirate heel bo in Premierliga

Loading player...
Orlando Pirates het sy plek boaan die Premierskap behou ná 'n taai gelykop-stryd van een-elk teen Kaizer Chiefs in 'n uitverkoopte Soweto-derby op die FNB-stadion. Mamelodi Sundowns het 'n kans misgeloop om bo uit te kom ná 'n doellose gelykoptelling teen Richards Bay op die uMhlathuze-stadion. Pirates het tans 59 punte en Sundowns 58. Pirates se afrigter, Abdeslam Ouaddou, sê die titel-wedloop moeiliker met slegs enkele wedstryde oor:
27 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersoek na praktyke in mikroleningsektor

Die mikroleningsektor word ondersoek weens bewerings van roofgedrag en die uitbuiting van kwesbare verbruikers deur hoë rentekoerse en onwettige praktyke. Die parlementêre staande komitee oor ekonomie het tydens 'n openbare verhoor met sektorspelers kommer uitgespreek dat sommige leners rentekoerse van tot 50 persent per maand hef. Namfisa se bestuurder van…
27 Apr 6AM 1 min

Akkerbouraad maak planne met rekord mielie-oes se berging

Daar is kommer oor die rekord witmielie-oes wat op meer as 100 000 ton geskat word. Terwyl dit uiters goeie nuus is vir produsente en voedselsekerheid, word daar beraam dat drie keer die hoeveelheid mielies in Mei en Junie ingebring kan word met beperkte silo-kapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met…
27 Apr 6AM 1 min

Uitbreiding van Edelweiss se Zürich-Windhoek-vlugte verwelkom

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die nuus verwelkom dat Edelweiss Air sy Zürich-Windhoek-diens vanaf Julie tot drie vlugte per week sal verhoog, wat direkte lugverbindings tussen Europa en Namibië sal versterk. Die lugredery, wat reeds seisoenale vlugte op die roete bedryf, sê die uitbreiding reageer op die toenemende vraag van…
27 Apr 6AM 1 min

Gimnasium het nie 'n uitbreking van hand-, mond- en voetseer nie

Windhoek Gimnasium het ouers by die kleuterskool van die skool bewus gemaak van 'n geval van hand-, mond- en voetseer. Die skool wil dringend verduidelik dat die siekte nie dieselfde is as bek-en-klouseer by vee nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende bestuurder, Colette Riekert gepraat wat verduidelik dat…
27 Apr 4AM 1 min