Ntuli sê hy sal self borg vir verdagtes in Monswamy-moorde teenstaan

Loading player...
KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê die regering gaan môre in die KwaDukuza-landdroshof borgtog teenstaan vir drie verdagtes wat aangekeer is vir die moord op sewe lede van die Monswamy-familie. Ntuli het tydens die massabegrafnis bevestig die polisie het die voertuig gevind wat met die saak verband word en soek voort na die vierde verdagte. Hy het die gemeenskap verseker alle hulpbronne word ingespan om die oortreders vas te trek:
27 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersoek na praktyke in mikroleningsektor

Die mikroleningsektor word ondersoek weens bewerings van roofgedrag en die uitbuiting van kwesbare verbruikers deur hoë rentekoerse en onwettige praktyke. Die parlementêre staande komitee oor ekonomie het tydens 'n openbare verhoor met sektorspelers kommer uitgespreek dat sommige leners rentekoerse van tot 50 persent per maand hef. Namfisa se bestuurder van…
27 Apr 6AM 1 min

Akkerbouraad maak planne met rekord mielie-oes se berging

Daar is kommer oor die rekord witmielie-oes wat op meer as 100 000 ton geskat word. Terwyl dit uiters goeie nuus is vir produsente en voedselsekerheid, word daar beraam dat drie keer die hoeveelheid mielies in Mei en Junie ingebring kan word met beperkte silo-kapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met…
27 Apr 6AM 1 min

Uitbreiding van Edelweiss se Zürich-Windhoek-vlugte verwelkom

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die nuus verwelkom dat Edelweiss Air sy Zürich-Windhoek-diens vanaf Julie tot drie vlugte per week sal verhoog, wat direkte lugverbindings tussen Europa en Namibië sal versterk. Die lugredery, wat reeds seisoenale vlugte op die roete bedryf, sê die uitbreiding reageer op die toenemende vraag van…
27 Apr 6AM 1 min

Gimnasium het nie 'n uitbreking van hand-, mond- en voetseer nie

Windhoek Gimnasium het ouers by die kleuterskool van die skool bewus gemaak van 'n geval van hand-, mond- en voetseer. Die skool wil dringend verduidelik dat die siekte nie dieselfde is as bek-en-klouseer by vee nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende bestuurder, Colette Riekert gepraat wat verduidelik dat…
27 Apr 4AM 1 min