
Sinner word tweede man ooit om die “Loopbaan Goue Meesters” te voltooi
Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die “Loopbaan Goue Meesters” voltooi toe hy die Italiaanse Ope gewen het – ʼn rekord van ses agtereenvolgende Meesters-titels. Die 24-jarige Sinner het Casper Ruud van Noorweë geklop om die eerste Italiaanse kampioen in 50 jaar te word. Hy het boonop by Novak Djokovic aangesluit toe hy die volledige stel van nege ATP Meesters 1 000-titels ingepalm het. Djokovic het dié prestasie in 2018 behaal toe hy in Cincinnati gewen het. Sinner sê dis spesiaal om in sy eie land te wen:

