
Rai eerste Britse PGA-kampioen in 107 jaar
Loading player...
Aaron Rai van Engeland het die PGA-kampioenskap en daarmee sy eerste major-titel by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië gewen. Die wêreld-nommer-44 het vyf onder 65 aangeteken en algeheel met nege onder geëindig, drie houe voor die Spanjaard en tweemalige major-kampioen, Jon Rahm, en die Amerikaner Alex Smalley, wat gesamentlik tweede is. Rai, wat die eerste Engelse PGA-kampioen in 107 jaar is, sê hy het met sy oorwinning ʼn klomp dinge aan homself bewys:

