
Afrika moet self entstowwe vervaardig
Loading player...
Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming sê die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda is ʼn teken dat entstowwe en medisyne plaaslik vervaardig moet word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die uitbreking tot ʼn gesondheids-noodsituasie van internasionale belang verklaar nadat 88 sterftes en meer as 300 moontlike gevalle aangemeld is. Die sentrum se direkteur-generaal, Jean Kaseya, sê die behoefte aan entstowwe is ʼn billikheidskwessie:

