
Bulle sal moet verbeter voor VRK-kwarteindstryd: afrigter
Loading player...
Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle sal moet verbeter voor volgende Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen die Ierse span, Munster, op Loftus Versfeld. Die Bulle het die Italiaanse span Benetton 45-19 afgeransel vir ʼn tuis-kwarteindstryd. Dit was hul sesde agtereenvolgende sege, wat die vierde plek op die punteleer verseker het. Munster het die Leeus 24-17 geklop en vyfde geëindig. Ackermann sê hulle aanvalstegnieke is een van die fokuspunte:

