
Glynnis Breytenbach nuwe DA hoofsweep
Loading player...
Die DA het Glynnis Breytenbach as sy nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering aangestel. Die party sê sy beskik oor 12-jaar se parlementêre ervaring en dekades se ervaring as senior staatsaanklaer. Breytenbach sal saam met die adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, werk. Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê Breytenbach sal toesig hou oor die party se parlementêre prosedures en as een van sy hoofonderhandelaars in die regering van nasionale eenheid dien:

