
Sky News doen verslag van skoolterrein in Iran waar 150 dood is
Loading player...
Terwyl bespiegelinge oor die voortsetting van vrede-samepsrekings tussen Amerika en Iran voortduur, was Sky News se Dominic Waghorn die eerste internasionale journalis om Minab in suid-Iran te besoek. Dit is die dorp waar meer as 150 mense, insluitend 120 kinders, dood is toe 'n Amerikaanse Tomahawk-missiel 'n laerskool getref het. 'n Voorlopige Amerikaanse militêre ondersoek het bevind dat Washington verantwoordelik was, maar die Trump-administrasie moet nog formeel verantwoordelikheid aanvaar. Waghorn doen verslag.

