
VF+ sê gesondheidsversekering moet heroorweeg word na hofuitspraak
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus verwelkom 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die Sertifikaat van Behoefte in die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik verklaar. Die party sê die uitspraak bevestig langdurige waarskuwings dat die NGV nie 'n grondwetlike ondersoek sal oorleef nie. Philip van Staden van die VF Plus vra die regering om die NGV-proses te staak en te heroorweeg ten einde 'n meer volhoubare gesondheidsorgstelsel te ontwikkel:

