
Skietery by San Diego-moskee is ‘haatmisdaad’
Loading player...
Die polisie in San Diego, Kalifornië, beskou die noodlottige skietery by die Islamitiese Sentrum in die stad as ʼn haatmisdaad. Drie mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is in die voorval dood. Twee tiener-verdagtes is naby die toneel in ʼn motor aangetref nadat hulle blykbaar hulself doodgeskiet het. Die sentrum is die grootste moskee in die San Diego-distrik. Die polisiehoof, Scott Wahl, sê voor hulle berigte oor skote ontvang het, het ʼn ma die owerhede gebel en haar seun as vermis aangemeld:

