Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dit kan tot nege maande duur voordat 'n entstof teen die Bundibugyo-virus, wat die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda veroorsaak, beskikbaar is. Daar is tot dusver 600 vermeende Ebola-gevalle en 139 vermeende sterftes aangemeld. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê…
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê dringende nasionale steun is nodig om hulp te versnel aan gemeenskappe wat deur gure weer in die provinsie geraak is. Dit volg na die klassifisering van ’n provinsiale ramp ná wydverspreide skade. Die woordvoerder van die premier, Regan Thaw, sê herstelpogings is…
Die ineenstorting van Wealth Management Systems onder besturende direkteur Hanjo Schlabitz, 'n finansiële adviesfirma in Windhoek wat geld namens beleggers in buitelandse valuta belê het, het vrese laat ontstaan dat die beleggers, wat pensioenarisse insluit, miljoene Namibiese dollar verloor het. Namfisa het 'n verklaring uitgereik oor die kwessie en Namfisa…
Na twee agtereenvolgende maande van brandstofprys verhogings, vergader amptenare van die energieministerie volgende week om Junie se brandstofpryse te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die ministerie se hoofekonoom gepraat, wat sê die besluite sal geneem word op grond van huidige globale faktore.
Met die viering van Wêreld-byedag en uitlatings deur die president wat haar ondersteuning vir die werk wat deur plaaslike organisasies en byeboere gedoen word,uitgespreek het, het die leier van die AR-beweging, Job Amupanda die kwessie verpolitiseer. Op sosiale media sê hy, hy verstaan nie hoekom hierdie regering obsessief en besorg…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.