
Bestuurstelsels moet verbeter vir dienslewering
Loading player...
Die Namibiese Instituut vir Openbare Bestuur en Administrasie, Nipam, hou tans die tweede jaarlikse konferensie van die African Management Development Institutes’ Network in Windhoek tot 20 Mei. Die driedaagse konferensie word onder die tema “Transformatiewe Staatsdiensleierskap vir Volhoubare Ontwikkeling en Inklusiewe Groei in Afrika” gehou. Tydens Maandag se verrigtinge het eerste minister Elijah Ngurare gesê lewering reg oor die kontinent moet verbeter.

