
Ebola kring verder uit
Loading player...
Die Afrika-sentrum vir siektebeheer en -voorkoming sê meer as 100 sterftes in die Demokratiese Republiek die Kongo word tans met die Ebola-uitbreking verbind. Meer as 390 moontlike gevalle is aangemeld. Daar is ook twee bevestigde gevalle en een sterfte in Uganda aangeteken. In die DRK is minstens ses Amerikaners aan die Ebola-virus blootgestel. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streekdirekteur vir Afrika, Mohamed Yakub Janabi, sê al is die uitbreking ʼn internasionale noodsituasie, is daar geen rede vir paniek nie:

